saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Nina Herfurth (Neethling)

Nina Herfurth

Married on Mar 1, 2014

Om jou sielsgenoot,jou beste vriend en die liefde van jou lewe alles in een te kry is ‘n Wonderwerk!
Ons het mekaar as vriende ontmoet en verlief en verloof het gevolg. Ons kan nie sonder mekaar en ons daaglikse lewe draai ook daarom om die beste in mekaar uit te bring en die spesiale geskenk van die liefde op te pas en te troetel.
Olof het ‘n baie groot liefde vir die see .Ek is lief vir die platteland en die natuur. Ons het Wildernis as die ideale plek gekies om voor ons hartsmense aan mekaar trou te beloof.
Dit was een groot feesnaweek! Almal was vir die naweek saam en vriende en familie het heerlik gekuier. Alles was presies, of nee, beter as wat ons gedroom het.
1 Maart 2014. Die mooiste ,mooiste dag. Die mooi van die natuur was net weer ‘n bevestiging dat dit on s spesiale dag was . Om almal se omgee en liefde vir ons deur die dag te ervaar sal vir ons blybly as die hoogtepunt van die dag.
Ons het elke oomblik van die dag ingedrink. Die tyd saammet my sussies,Pa en Ma vir oulaas was baie kosbaar.Ons vyf het almal saamgestap na die seremonie.Die oomblik wat ek saammet my pa tussen al ons spesiale vriende en familie die paadjie afgestap het en die man van my drome staan glimlaggend vir my en wag sal my altyd by bly.Amper te veel emosie vir een dag!
‘n Aand vol lag en kuier en dans het gevolg .Vreugde, Liefde en Omgee was die woorde om die aand te beskryf.
Nou begin ons lewe saam. Ons moet bou aan ons drome, lewe volgens die beloftes wat ons gemaak het die toekom saam met albei hande aangryp.

 

Voting has closed for Bride of the Year 2014

Click here to open the 2014 competition page

Wedding Gallery