saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Elizta Smook (van Schalkwyk)

Elizta Smook

Married on Mar 15, 2014

Fairytale en meant to be het ‘n heel nuwe betekenis in ons lewens…
Liefde, son, pragtige blou see en sand stap ons hand aan hand na ‘n nuwe hoofstuk op 15 Maart 2014 te Strandkombuis, Yzerfontein.
Opgewonde dat ek lekker kry van kroontjie tot toontjie, het ek met ‘n lied in my hart my laat opdollie om my teddy , beste vriend en groot, eerste liefde te ontmoet, waar al ons geliefdes wag, met branders wat breek in die agtergrond sag. Met trots het my pappa my ingebring en halfpad deur het ek besluit om hom sommer aan die arm te trek en met ‘n powerwalk na die kansel te loop.
Soos my oë syne vang, was daar ‘n Goddelike rustigheid wat oor my gaan, want my aanstaande staan toe met ‘n traan.
Meer volmaak kon ons nie voor vra. ‘n Spesiale serremonie, met ‘n engelstem wat ‘n liefdeslied vir ons sing en my pa wat ‘n spesiale seëngebed vir ons bring.
Die feesvieringe het begin en die dansbaan is geopen met ‘n lied wat ons twee duifies se lewe saam besing. Met die woorde wat lui: You and I, we’ve got the magic that lives , het ons diep in mekaar se oë gekyk en geweet, dit is volbring.
Met ‘n maaltyd soos nooit tevore en vriende en familie (selfs ouma) wat saam met ons dans tot oggendure, loop ons bekers oor van dankbaarheid vir warm harte en ‘n dag propvol betowerende oomblikke.
Uit ons harte sê ons weer dankie, vir elke persoon wat daar was, om ons ewige liefde te getuig!
PS. My man, ek lief jou tot die maan en terug en virewig…en ‘n dag!

 

Voting has closed for Bride of the Year 2014

Click here to open the 2014 competition page

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used