saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Mia Esterhuyse (Koester)

Mia Esterhuyse

Married on Dec 20, 2014

Vir `n meer perfekte dag kon ons nie gevra het nie. In die hartjie van Riebeek-Kasteel is ons half vyf die middag by die Moedergemeente getroud. Ek, Mia, het eers 'n opname vir Wihan gespeel voordat ek ingestap het. Daarna het ek op die akoestiese weergawe van"'a thousand years" ingestap met my pa aan my sy. Wihan en ons studentedominee het met trane in hul oe vir ons gewag. Ons het die grootte van ons troukar bietjie onderskat en moes eers spook om ons albei en die bestuurder in die karretjie in te kry. Daarna het ons en die gevolg in die dorp en plaas voor Delsma Farm foto's geneem. Tydens hierdie fotosessie kon die gaste solank hulle verlustig het aan 'n paar happies en skemerkelkies met lewendige musiek in die agtergrond. Toe ons uiteindelik die onthaalsaal binnestap het ons sommer dadelik die koek op die middel van die dansbaan gesny en toe het die res van die verrigtinge begin. Die tema van ons hele troue was soos 'n familiestamboom waarin ons uitgebeeld het hoe die twee families saam verbind word. Elke tafel is benoem met een van die vorige vanne van die twee families. Die stamboom is ook mooi uitgebeeld in die "koerantjie" wat by die kerk uitgedeel is. Die Protea het ook 'n groot rol gespeel aangesien Wihan die element in ons verlowing ingebring het en so kon ons studentedominee ook 'n baie mooi preek rondom hierdie Protea bou. Dit was die mooiste dag van ons lewens. Die dag waaroor ons so lank gedroom het, het uiteindelik 'n realiteit geword

 

Voting has closed for Bride of the Year 2014

Click here to open the 2014 competition page

Wedding Gallery