saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Janine Nice (Liebenberg)

Janine Nice

Married on Dec 13, 2014

Dit was ‘n klassieke rooi, swart en silwer troue met ons eie persoonlike afdrukke. Ons is baie lief vir foto’s en dit het vanaf die “save the dates” en troukaartjies tot by die troue deurgesyfer. Daar was ‘n groot canvas waarop almal kon teken en boodskappies skryf. By die afdraai na die venue was daar ‘n groot seil met ‘n foto van ons op sodat die gaste kon sien waar om af te draai. Ek is mal oor rooi rose en ons het die hele troue se tema rooi roos balle gemaak, dit was die strooimeisies se ruikers, gehang aan die kerkbanke, gebruik op die tafels en langs die paadjies gepak. Verder het die tafels rooi en swart glase gehad om die kleure van die troue uit te bring. Die troukoek het bestaan uit wit en swart lae bedek met wit en swart blomme. Tydens die kerkdiens nadat die dominee ons as man en vrou bevestig het, het ek vir Patrick ‘n liedjie laat speel, Seëngebed vir mans gesing deur Krisstel. Die woorde beskryf so mooi al die seëninge wat mens wil toebid vir jou man en vir julle huwelik. Dit was so emosioneel en so mooi dat ek my eie trane nie kon keer nie, die fotograaf het die oomblik vasgevang waar ek my kop laat sak op Patrick se skouer en hy die trane saggies van my wang afvee....Wat ‘n oomblik...

 

Voting has closed for Bride of the Year 2014

Click here to open the 2014 competition page

Wedding Gallery