saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Izone McCracken (van der Vyver)

Izone McCracken

Married on Dec 6, 2014

Daar is niks mooier as daardie eerlike, nugtere woorde: “ek het jou lief”. Daar is geen onsekerheid, twyfel of dubbelsinnigheid nie. Ons troudag was ware nugtere prosa!

Omring deur die liefde van ons vriende en familie het ons trou aan mekaar beloof. Die spierwit ou kelder met sy wit bankies het ‘n pragtige neutrale area gebied om ons liefde voor God en ons naastes te verklaar. Hand aan hand en ‘n diep asem in , gee ons die eerste tree as man en vrou buite die wit kelder waar ons oorweldig word met ‘n reën van diep middernag blou en wit konfetti.

Wit gestreepte tafeldoeke, “glas” stoele, en ‘n duisend kerse het ons gaste weggevoer na ons wêreld van liefde. Die tuine met verligte glashuisies het die mooiste versiering geword van ons neutrale, kerverligte onthaal area. Geen twyfel of dubbelsinnigheid nie.

Op die maat van Moon River dans ons die nuwe hoofstuk van ons lewe binne. Alles tot eer van God se plan en liefde vir ons lewe as man en vrou. Ons troudag was ‘n droom van ‘n nugtere, moderne, middrnagblou liefde!

 

Voting has closed for Bride of the Year 2014

Click here to open the 2014 competition page

Wedding Gallery