saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Estelda du Toit (van Schalkwyk)

Estelda du Toit

Married on Dec 13, 2014

Sekerlik was 13 Desember 2014 ‘n totale droom verwesenlik.

VIR DIE HEEL 1STE KEER IN DIE REKORDS AANGETEKEN DIE ENIGSTE MNR EN MEV
JO EN ESTELDA DU TOIT!

Onder die Bloekombome op ‘n plaas in die Overberg Distrik het ek en my allerbeste
droomman “ouki” soos ek hom noem JO, ons liefdes pante uitgeruil vir ‘n toekoms saam tot net die dood ons sal skei.

Alles was sooo perfek!

Saterdagoggend was ek alreeds rustig…….so tevrede.
Uiteindelik het my broer Juan my kom haal met die oulikste afslaankap karretjie reg vir net ons twee om gou vir oulaas lekker te kan lag en gesels.
Reeds toe onder die plaaspad stof het ons gestop waar my Pa Limpie my breebors ingewag het, my tweeling sus Elizta en skoonsus Lou-Mari, een van my groot oomblikke, in die wind my sluier oor my gesig laat sak het as simbool van my onderdanigheid aan my amper eggenoot Jo.

TOE klop my hart ERG in my keel, ek kon nie wag om by Jo uit te kom nie!

Ons gaste het rondom ons twee gestaan en ons huwelik geseen met spierwit ballonne wat losgelaat was in die wind. Wow, ons het hoendervleis oomblikke ervaar.

Die toesprake by ons onthaal was lekker kort, almal het lekker gelag en selfs “tissues” uitgehaal.
Ons troukoek was koeldranke in ons tema kleure gestapel op ‘n troukoek staander. Saam het ons 1 van die blikkies oopgemaak en ‘n strootjie gedeel en beloof om vir altyd vir MEKAAR te sorg.

Met ons “bestes” getooi in geel, groen, oranje en blou polkadots het ons lekker geeet en fees gevier saam met ons familie en vriende tot baie laat in die nag. Balke toe!

Sondagoggend het ons en ons gaste die naweek afgesluit met ‘n heerlike ontbyt op die plaas en kon
ons gou vir oulaas nog “memories” in ons tassie pak.

‘n Fee verhaal afgesluit as Prins en Prinses du Toit!

En die grootste hiervan is ONS liefde……………!

Baie dankie aan al ons vriende en familie wat die dag saam met ons geniet het! Julle was awesome!

 

Voting has closed for Bride of the Year 2014

Click here to open the 2014 competition page

Wedding Gallery