saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Danita Theunissen

Danita Theunissen

Married on Nov 22, 2014 in Western Cape

Shoe, waar begin mens om SO ongelooflike dag in mens se lewe beskryf !!!?
Alles was net Perfek !
Ek het 5uur die Saterdag oggend wakker geword in die “Bridal house” waar ek en my strooimeisies geslaap het, by die venster gaan staan, uit gekyk oor die berge en mooi natuur om my, en besef….
”This is the day that the Lord has made” !!!
Die trane het natuurlik dadelik geloop en ek kon net nie weer slaap toe ek terug klim in die bed nie !!! Al 3 my strooimeisies het een vir een wakker geword en by my in die bed kom sit….ons het gesels en was So opgewonde oor die dag wat voorlê !!!

Daar was Soveel asemrowende oomblikke !!! Maar as ek een moet uitsonder, sal dit wees die oomblik toe ek in die paadjie afkom, en ek in my toekomstige man se oë vol trane kyk en ek Weet dis die Beste besluit wat ek Ooit in my lewe kon maak om sy Vrou te word !!! Dit was ongelooflik !

Ons het ook 'n Pragtige venue gehad !! Die Kliplapa is 'n Baie mooi plek vir die tipe paartjie wat iets anders wil hê. Meeste van ons gaste het die vrydag aand en die saterdag aand oorgeslaap by die verblyf wat op die perseel is, wat natuurlik gesorg het vir 'n Heerlike Naweek troue !! Ons kon tot sondag oggend saam met ons gaste koffie drink en daarna vertrek na ons wittebrood.

Wat 'n Onvergeetlike naweek !!!
Ons dank ons Hemelse Vader vir ons Pragtige dag, die mooi weersomstandighede en Meeste van als.....MEKAAR !!!!



 

Voting has closed for the 2014 competition!

Click here to see the 2014 competition results!

Wedding Gallery