saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Renchia Taylor (Van der Merwe)

Renchia Taylor

Married on Dec 7, 2013

Op ‘n koel Desember oggend was ons bykans twee jaar se wag verby, en ons troudag was hier. In ‘n klein kerkie buite Franshoek het net ons naaste vriende en familie gewag om getuies te wees van ons huweliks beloftes Met bewende kniee het ek met my moedertjie in die kerkpaadtjie afgestap, en my sluier halfpad verloor! Maar niks kon my oe laat wyk van my wonderlike verloofde nie. In sy blou oe was daar net liefde vir my. Met die eerste aanraking van sy hand, het my kniee ophou bewe, en ek het weer besef, hierdie is die man waarmee ek gaan oud word. Na ‘n emosie volle diens is ons pragtig toegesing deur ‘n dierbare vriendin. Ons het ringe verruil, en ewige trou aan mekaar beloof. Hierdie was die wonderlikste deel van die dag. En toe was die formaliteite verby. Ons het die kerk uitgestap as man en vrou. Ek kon net nie ophou glimlag nie. Nou is ek Mev Taylor! In plaas van skemerkelkies het ons ons gaste bederf met roomys, springmieles en bevrore mengeldrankies met skop! Die sitplek aanwysers was hartvormige koekies met elke gas se naam op en tafel nommer. The Hungarian Trio het sagte agtergrond musiek verskaf, en ons gaste kon lekker ontspan terwyl ons fotos neem. Na al die gelukwensings en familie foto’s het ons weggesluip om paartjie fotos te neem. Charl van Agape Studio was wonderlik. Selfs toe die hemele oopmaak, het hy die geleentheid aangegryp en die mooiste fotos denkbaar geneem. Ons gaste het vir ons gewag in die onthaal saal, en met ‘n flinke danspassie het ons die onthaal ingedans. Ons kleurskema van silwer, donkergrys en wit was elegant en klassiek. Die toesprake het gevolg, en ek is verras met ‘n pragtige huweliks geskenk van my man. ‘n Kitchenaid Proffesionele menger! Ons 3 gang maaltyd is afgerond met die heerlikste troukoek deur Cakes by Wade. Dis hier waar ek en my gevolg saggies wegsluip. Vinnig het ek my rok uitgetrek en ‘n tweede aangetrek. Dis nie net my man wat vol verassings is nie! Met my ligter rok het ons die aand weggedans en lekker gekuier. Te gou wat die dag verby Ons troudag was vir ons perfek. Baie ure is ingesit om die handgemaakte details net reg te kry. Ons dag het ‘n perfekte weerkaatsing gemaak van wie ons twee as ‘n span is

 

Voting has closed for the 2013 competition!

Click here to see the 2013 competition results!

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
To-Nett’s Flowers, Décor & Hiring

To-Nett’s Flowers, Décor & Hiring

‘Live your dream wedding with To-Nett’s’ For more than 30 years our inspiration has been our clients!