saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Suzette Meiring

Married on Aug 12, 2017 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Wedding Gallery

 

My Special Day

Ek is absoluut dol oor die hele "vintage-retro look" & vandat ek begin droom het oor ons spesiale dag het ek in my hart geweet dat ek nie anders wil lyk nie. 'n Mens kyk na soveel idees, style, maar ek het lankal my hart op hierdie styl gesit & geweet dat ek nie sommer van plan sal verander nie.

Grimering & Hare: Ek het so paar jaar terug op die Facebook blad van Wilma Allpass afgekom & ek kan nog onthou hoe ek vir myself gesê het hierdie vrou gaan my eendag opdollie. Soos elke bruidjie het ek kwotasies aangevra wyd & suid, maar keer op keer as ek my kry dan loer ek na haar werk. Wilma is absoluut fantasties in wat sy doen. Sy doen dit met soveel oorgawe, passie & liefde. Ek het die dag met my "trail" na haar toe gegaan met hierdie idee in my kop & ek het vir haar gesê ek weet nie wat gaan werk nie - doen jou ding... Sy het my omgedraai, gesê ek mag nie kyk nie & toe sy klaar was toe draai sy my om & toe raak ek bewoë. Ek kon nie my oë glo nie. Dit was meer as wat ek ooit verwag het.

Trourok: Liefste Karin & Stephan (Die Bridal Inn span),,, 'n Bruidjie kan nie vir 'n beter trourok-soek ervaring vra nie. Ek onthou dit soos gister. Ek het Januarie saam met my Mamma vir ons eerste afspraak gegaan & vir Karin ontmoet. Ek & hierdie liewe lawwe vrou het sommer dadelik oor die weg gekom. Sy was "funky" & het soveel energie gehad. Sy het my sommer opgewonde gehad oor die hele ervaring, maar die belangrikste was dat sy so mooi na my prentjie in my kop geluister het. Ek wou heeltemal iets anders gehad het, nie die gewone "wit" trourok nie. Hulle het vir my die pragtigste room "mesh" trourok gemaak met room en goud kant. Stephan het vir my pêreltjies opgewerk vir daai tikkie outydse sjarme. My rok was gemaklik, het al die mooi beklemtoon & ek kon die hele aand daarin dans sonder om te voel dat dit my terug hou.

Trou Skoene - Therese... Strooimeisie & hartsmens (My Something Blue) het my & my man se trou skoene gemaak as 'n Trou Geskenk. Ons was absoluut mal oor ons skoene, dit was gemaklik, stylvol, egte leer & was spesiaal met die hand gemaak deur haar. Belangrikste, dit het gedans soos 'n droom. Die vetertjies, die spesiale tikkie blou.

Juwele & Bykomstighede - Ek het vier strooimeisies gehad & omdat ek altyd anders is as die res het ek besluit dat hulle elkeen moet deel hê in my bykomstighede. Ek dink dit was nogal moeilik vir die girls, maar hulle het my so verbaas. My pêrel oorbelletjies (Salmarie - Something New) het pragtig gepas by my room rok. Ek het 'n paar "vintage" knippies in die hare gehad (Marelize - Something Borrowed) en dit het my hele voorkom pragtig afgerond.

The Venue

Ons is affie Klein Karoo. Roddie van De Rust & ek van Oudtshoorn. Ons wou graag iewers naby aan ons tuis dorpe trou aan mekaar beloof & het toe besluit op Soetland. Wat vir ons baie uitgestaan het oor die venue is dat dit buite op 'n plaas was, buite in die natuur & eenvoudig. Ons het alles wat die troue betref het rondom ons mes wees beplan. Ons wou gehad het alles van ons mooiste dag moes 'n spieëlbeeld wees van hoe ons as mense is. Om onder die bome, buite met die briesie teen jou wang trou aan mekaar te beloof