saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Dunné Groenewald

Married on Aug 5, 2017 in Western Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

How did your love story begin?

 

Ons het randomly een aand mekaar raak gedans in Oblivion, Claremont. Ons het met mekaar begin gesels, meer en meer mekaar begin sien. Toe het ek hom genooi na ñ troue waar hy my ouers moes ontmoet....o gits was dit stresvol, Brendon het baie tattoos en ek het gewonder wat my ouers gaan dink. Lang storie kort het my ma gedink sy tattoos is baie sexy en gesê ek mag maar hom maar hou....

Tell us all about the proposal.

 

Kerfees 2016, ons was in Franskraal waar daar geen beplanning behalwe rus vir die dag was nie. Ek het die ring ñ rukkie terug aangepas om size te kies so ek het geweet dit moes een of ander tyd gebeur so ek het Brendon die hele tyd gespot en gesê dit gaan ñ moeilike een wees (ek is enigste kind). Ek het die middag met honde gaan stap en toe hy dog ek is nog weg toe vra hy my ouers, terselfdw tyd toe loop ek on vertrek in, my male was so verras, hul het my uitgejaag en vir Brendon gevra om net weer te vra want hul was nie seker of hul reg gehoor het nie. Na dit het hy die ring sommer vir my blosend gegee en gesê "jy weet tog hoe dit lyk, sal jy nou met my trou?". Dit was so kosbaar en ek kon nie ophou glimlag nie.

Magical Moments

 

Wat ñ fantastiese lekker dag. Sonder baie speeches het ons ñ hond uit ñ bos uit gekuier saam al ons vriende en familie.

The Honeymoon

 

Ons het besluit om nie op Honeymoon te gaan nie en eerder die geld te spandeer aan ons huis wat ons 4 maande terug gekoop het.

Brendon het my wel na Buffelfontein gevat vir een aand net om te relax, wat ñ absoluut belewenis was.

Wedding Gallery

 

My Special Day

Ek het besluit om ñ baie plain rok te koop en het een by Bride & Co gekry. My grooste rede vir dit was om gemaklik te wees en hele aand te geniet in iets stylvol maar mooi.

My hare en make up was deur Delaney Siebert gedoen. Absoluut fantastiese vrou, ek het soos ñ prinses gevoel.

Ek het Hush puppy skoene gedra met oorbelle van ñ klein boutique in V&A Waterfront. Ek het ook ñ silver armband gedra wat my en Brendon se name op gehad wat ek van my baie goeie vriendin, Charmoné, as trougeskenk gekry het.

The Venue

Bon Ami's, Bloemendal
105 guests

Wedding Elements

Ek was baie gelukkig dat my ma ñ Wedding decor company het en dat sy al my dekor en blomme gedoen het van Johnita Marx Verhurings & Dekor in Oudtshoorn.
Haar bloemis het spesiaal die Donderdag aand my blomme gedoen en hul het die Vrydag Kaap toe gery met al my dekor. Dit was baie elegant met Baby's breath (gip) en wit rose. Tussen in het ons silver potjies met kerse in gehad.

My Groom And His Groomsmen

Brendon het die mooiste lig blou pak aangehad, met bruin belt en bruin skoene. En wat dit uniek gemaak het, hy het op ons rooi Vespa troue toe gekom

My Captured Moments

Anke Photography- absoluut fantastiese fotograaf.

The Wedding Planner

My ma, Johnita Marx Verhurings & Dekor

Food & Cake

Ons het Dunkin Dougnuts gehad vir trou koek en Isabelle Koch het die boonste koek gemaak.