saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Bianca De Bruin

Married on May 13, 2017 in Eastern Cape

Die perfekte dag

Die dag het ek JA gesê het, om my beste vriend en die liefde van my lewe my Man te maak was die koudste herfs dag van 2017. Ek het op die yskoue oggend van die 13de Mei, wakker geword met geluide waar God ons met reën druppels seën, en geweet dat ons Sy seëning op ons huwelik het.

Ons oorspronklike plan om met hessian en kant ons trou dag spesiaal te maak, moes vining verander toe ek allergiese reaksies kry van die hessian. Ons het toe op presies die teenoorgestelde besluit en helemal Glitz en Glam gegaan met n kleur skema vir koninklikes, sprankelende goud, vloot blou en spier wit.

Ons het ons perfekte dag by L'Aquila Country Estate gevier, en kon nie vir n beter venue vra nie. Die span by L’Aquila, het uit hul pad gegaan om aan al ons behoeftes te akkommodeer. Hulle het die verwarmers by beide die kapel en die onthaal saal aangeskakel, sodat ek nie my ongelooflik beeldskone rok, wat tot perfeksie bemeester is deur die talentvolle Rachel, van Ivy Bridal House, hoef te bedek nie.

Al die raad wat ek ontvang het die week voor ons perfekte dat was “om elke klein detail van daardie dag inteneem, want die dag gaan tog so vinning verby”.

Ek onthou alles. Hoe ek met vlinders in my maag wakker geword het, my asem wat weggeslaan was toe ek my rok uit sy sak uithaal, hoe my knie visies lam geraak het en my pa my gesteun het toe ek my MAN voor in die kapel sien staan. Ons eerste soen as n getroude paartjie het my sowaar weer vanvoor af verlief gemaak op my plaas japie wat ek vier jaar terug by die werk ontmoet het. Ons eerste dans, het ek gevoel ons dans op wolke net ek en hy al was al ons vriende en famielie om ons.

My troudag sal ek vir die res van my lewe koester en ek sal alles in my vermoë doen om my man elke dag te herhinner hoe oneindiglik lief ek hom het.

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used