saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Monique Wagner

Married on Apr 1, 2017 in Eastern Cape

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

The Honeymoon

 

Die Wagners het gaan wittebrood in Thailand, Patong. Dit was ons altwee se eerste keer op reis na ‘n ander land. Van snorkel saam met visse wat uit jou hand pynappel eet tot Songkran fees 2017, wat die Thailandse nuwejaar viering is, bywoon. Dit was betowerend in elke manier moontlik.

Wedding Gallery

 

The Venue

Ons het by Lombardini getrou in die Oos-Kaap en meeste van ons gaste kon daar oorslaap

Wedding Elements

Minder is werklik meer, ons het die dag alles oor ons liefde vir mekaar, familie en vriende gemaak. Ons wou soveel moontlik aardse elemente in die dekor byvoeg, omdat ons albei natuurliefhebbers is. Ons het byvoorbeeld oor ‘n massiewe ou denneboom gestruikel wat in ‘n storm omgeslaan is en het besluit om daarvan gebruik te maak deur soliede hout onderborde as gaste gunste te sny. Een kant was bedek met rou linse olie om as snybord gebruik te word, die ander kant geverf met swartbord verf om vir pragtige kaas uitstallings gebruik te word. Ons het ook besonderse mooi mineraal klippe versamel uit die heuwels van ‘n familielid se plaas, Dassiesfontein. Ons het hierdie klippe gebruik om gaste se sitplekke aan te dui. Die kleurskema het bestaan ​​uit baie groen met uitbarstings van pragtige die rooi en room kleure. Die dekor en kleure was baie spontaan en dit het goed met ons as ‘n “leef in die oomblik” tipe egpaar gepas. Ons het gedink dat ‘n natuurlike en feestelike atmosfeer ons, sowel as ons gaste, sal pas. Die meer ontspanne en natuurlike agtergrond sou toelaat dat almal se persoonlikhede lewendig word en vir ‘n onvergeetlike aand sorg.