saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Gernette Voges

Married on Apr 29, 2017 in Western Cape

Dis waar wat hulle sé: As jy weet dan weet jy

Ek en Renier het Novemeber 2015 ontmoet, Desember 2015 ‘n paartjie, Maart 2016 verloof geraak en 29 April 2017 was ons groot dag.

Dit was baie moeilik aan die begin vir 6maande moes ons die lang afstand liefde doen. Ek was in die Kaap en Renier in Pietersburg ons het die beste besluit gemaak om bymekaar te wees…ek het my tassie gepak.
Die dag na die verlowing het ons dadelik na venues gaan kyk omdat Renier weer oor twee dae terug vlieg Pietersbrug toe. Dit was nie baie moeilik nie ons besoek aan 401 Rozendal het ons dadelik besluit dis die een. Die rustic maar ook elegante “look” het was vir ons perfek. My idee wat ek gehad het was wit en elegant. Ons het Sitting Pretty genader en Lizanda het presies geweet wat ons wil he en dit het prentjie mooi gelyk op ons troudag. Dit was ‘n senuwee knyp dae voor die troue, die hele week was koud en die wind was op sy beste (soos dit kan waai in die Kaap) Saterdag van die troue toe ek wakker word was dit perfek en ‘n mooi 35grade.

Baie mense het my gevra hoe kry ek dit reg om so rustig te wees, stress ek nie eers ‘n bietjie nie, nee ek doen nie nie eers ‘n bietjie nie. Ek het geweet alles is onderbeheer by die venue, ek het geweet dit wat ek vandag doen doen ek met my hele hart, ek het geweet as ek in daai padjie afstap trou ek met my beste vriend, my steunpilaar, my hart, my droom en die man wat ek al bitter lank voor gewag het. Renier is alles in my lewe…hou my rustig, luister na my as ek net wil praat en nie antwoorde soek nie, hou my vas as die hartseer oorvat en lag saam met my.

Ons padjie is vir ons uitgesit want na 3 maande het Liewe Jesus geweet jy is die man met wie ek gaan trou. Hy het ‘n plan met elkeen van ons en daarom los ek my huwelik in sy hande en hy sal ons dra.

Renier Caldo Voges ek belowe om jou met my hele hart lief te he vir nou en vir altyd.


Ons verstaffers:
Fotograaf: Elaine Otto Photography
Venue: 401 Rozendal
Kos: Awesome Events
Trou Koek: Sugar Tree Cakeries
Skryfbehoeftes: Design by Jenna
DJ: Andre Petzer (DJ Dean SA)
Décor: Sitting Pretty
Bruid en Strooimeisies Hare en Make Up: Marnel Toerien
Buite Meubels: Makiti
Photo booth: PerfectPhotoz

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

The Honeymoon

 

Ons was vir ñ week Mauritius toe gewees.

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Marnel Toerien

Marnel Toerien

Being a part of your celebration in some small way makes my work so much more rewarding.

Makiti Hire

Makiti Hire

Makiti Hire offers a variety of top quality furniture and décor for all prestigious events. We continuously update our range of furniture to accommodate modern trends. Our se...

401 Rozendal

401 Rozendal

Be unforgettable! If you are in search of a unique wedding venue that will make your special day unforgettable, 401 Rozendal is definitely for you…