saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Melissa Naudé

Married on Oct 28, 2017 in Gauteng

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Magical Moments

 

Dit moet wees die oomblik toe my inloop liedjie begin speel... en toe my pa my weggee in die kapel en my man eers sy trane moes wegvee met albei hande! Pragtige dag, verfrissende weer met die natuurskoon by Bushveld Pond om ons. 'n Beter geleentheid om Mev. Naudé te word was daar nie!

The Honeymoon

 

Ons was in die bittere mooi en onbeskryflik asemrowende Kaapstad.

Wedding Gallery

 

My Special Day

Ek was 'n bosprinses! Ek wou nie te veel van my natuurlike voorkoms wyk met my hare en grimering nie. My hare was gedoen deur 'Barbie' van Heerden en my grimering deur Tamryn Naudé. My pragtige en vars blommekroon was met sorg en aandag gemaak deur Michelle Roos van The Purple Button. My rok het ek by 'n winkel in Johannesburg se China Mall gekoop en Mev. Christa Botha het vir my die lae ingesny, my veil gemaak en ook die strik agter op my rug ("something new"). Dit is 'n wit prinses-styl balrok en ek sal hom elke keer oor en oor kies! Ek het in Burgundy pumps met goue staal strikke getrou - sooo gemaklik! My oorbelle het ek reeds lank terug by Mr Price gekoop sonder die wete dat ek dit ook vir die troue gaan dra ("something old"). Die pendant op my hangertjie is my "something borrowed" wat ek by my ouer suster, Marijke Bamford geleen het. My armband het my ma, Elna Holm'ner vir my gekoop by Foschini. My grys en blou ("something blue") kousband was gemaak deur my skoonma, Breggie Naudé.
Ek het vreeslik mooi en goed op my troudag. Alles was spesiaal!

The Venue

Ons het anderkant Pretoria-Noord getrou by Bushveld Pond. Meeste van ons gaste het oorgebly by Bushveld Pond of by Shabelo Estate net 'n ent aan. Dit was baie gerieflik en ons mense hoef nie ver terug te gery het huistoe na die feesvieringe nie.

My Bridal Beauty Regime

Ek het nie veel van 'n skoonheidsroetine gehad nie. Ek het meer water begin drink en probeer oplet na wat ek eet. Ek het my wenkbrou laat uitgroei en paar dae voor die troue dit laat waks. Ek het vir geen ander spesiale behandelings gegaan nie.

Wedding Elements

Ons dekor was baie rustic en aards - ons het gemik vir 'n woud/bos gevoel. Ons tafels was opgemaak met woestynrosies, stompe, kerse, spieëls en silwer tafeldoeke. Die onthaalsaal het 'n grasdak waaraan wit lappe gedrapeer was en in die middel van die dansbaan was 'n opgemaakre boom met fairy lights. Die vibe was baie cosy!

My Groom And His Groomsmen

My man het sy pak klere ook by China Mall in Johannesburg gekoop. Sy swart kouse het hy by my gekry as deel van sy survival kit die oggend voor die tyd. Sy swart keer belt se stainless steel buckle het heel toevallig gelees 'TMAN' en hy het besluit dit staan vir TrouMAN. Hy het 'n fitted charcoal broek en onderbaadjie gedra met 'n lang withemp en skinny swart das.

Beautiful Bridesmaids

My bruidsmeisies het infinity rokkies in 2 skakerings van grys (wat hul self kon kies) gedra. Ons het daarop besluit omdat dit gemaklik is en op soveel ander maniere gedra kan word.

Marriage Officer

Ds Chris Engelbrecht het ons getrou. Hy het ons liefde sien begin blom toe ons ontmoet het!

My Captured Moments

Ons ongelooflike fotograaf was Belinda Smit van Copper Fox Photography. Ons het glad nie 'n photobooth gehad nie. Ons sien baie uit na ons foto's want die voorsmakie wat ons gekry het is vreeslik baie mooi!

The Wedding Planner

Ons het nie 'n trou koördineerder aangestel nie want een van die eienaars van Bushveld Pond (afhangend van wie jou geboek het) reël basies jou hele troue rakende alles wat by die venue gebeur. Dit het ons so baie gehelp en so baie hooi van ons vurk afgehaal!

Wedding Transport

Ons het nie 'n spesiale troukar gehad nie want waar ek gereed gemaak het en die kapel en die onthaal is alles op een terrein. So ek het sommer lekker self kon stap na die kapel.

Food & Cake

Ons trou koördineerder het ons kos gemaak - dit was so smaaklik! Ons het almal ons lippe afgeëet. Die troukoek was 'n spanpoging: my man het die struktuur aanmekaar geslaan met onder andere polystyrene dummies en dit met materiaal oorgetrek. Dankbaar Biltong van Nigel het ons cupcake houertjies gevul met biltong en dit op die struktuur rangskik en droëwors om die kant van die dummies gepak. Ons koördineerder het 'n red velvet koek vir ons gebak vir bo-op die struktuur. Die koek was afgerond met woestynrose en twee bruilof-seekoeitjies as cake toppers. Dit was prentjie-mooi en almal het die koek geniet!

Wedding Stationery

Ek het self ons naamkaartjies, menu's en tafelplasings getik en laat print. Mnr & Mev Naudé was ge-lasercut in 'n kursiewe skrif deur BananaBoo Arts & Crafts in Nigel. Ons welkom bord was ontwerp en geverf deur Su-Lize Steup van Delmas. Ons het nie gedrukte kaartjies gehad as uitnodigings nie - ek het self 'n trouwebtuiste gemaak met die hulp van eweddings.com se gratis templates.

The Reception and Entertainment

Die onthaal was AMAZING! Beste aand van ons lewe - almal het sooo lekker saam gedans! Ons het gald nie danslesse geneem nie, ons het wel net paar keer saamgedans op ons liedjie paar aande voor die troue. Ek en my pa het 'n surprise mash-up dans gedoen en dit het ek self gechoreografeer (behalwe vir een liedjie). Ons het nie spesiale beligting gehad nie maar wel 'n awesome DJ! Ons DJ was Roolie Vorster van BLD Events. Hy het ons en ons gaste so goed gelees en nét geweet watter liedjies om te speel.