saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Nicoline Oosthuizen

Married on Jan 21, 2017 in Western Cape

Riaan & Nicoline.Plaas troue by Albertinia

Ek en my man het van die begin af geweet ons is bedoel vir mekaar.Ons troudag was die wonderlkste dag van ons lewens en ek dank God vir die wonderlike man wat in my lewe is.Vir beter kan ek nie vra.Op ons troudag het ons natuurlik gestres gewees maar toe ek in die kerk stap en ons sien mekaar het als reg gevoel en so gelukkig gevoel veral toe ek die mooiste glimlag aan my man gesien het toe hy my sien.Dit het my hart so bly gemaak en amper gehuil maar het darm nie.Wanneer ek ja gese het vir my man om sy vrou te wees was die eerste keer in my lewe dat ek weet 100% dis wat ek wil he en wil glad nie sonder hom in die lewe verder stap nie.Ons is nou man en vrou tot die dood ons skei.Is glad nie speit nie.Ons is so lief vir mekaar.Blommetjies was gegoei op ons en toe klim ons in ons pragtige ou Ford troukar. Pragtige fotos is geneem en ons is toe ontdaal toe wat op ons plaas is waar ons nou woon.Het op my perd by die ontdaal gekom en my man het gelei.In die pragtige stoor ingestap,almal het opgestaan en hande geklap en was so bly vir ons.Pragtige Trou koek was gesny en dans baan het ons toe geopen.Moet se ek het nogals lekker ver my blomme gegoei om moeilik te maak dat iemand dit vang en so wrintie waar op die grond geland maar een van my strooi meisies het dit sommer gegryp van die grond af.Die kousband gedeelte was baie snaaks maar ek het my man belowe dat ek sal nie se wat daar gebeur het nie.Ons het ons troue so geniet tot die einde saam met ons familie en vriende en ons troudag was so geseend,wonderlik dat ons dit nooit sal vergeet nie.Ons is nou 5 maande getroud en die liefde blom nog helder.

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Wedding Gallery