saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

SA Weddings

{{currentUser.first_name+' '+currentUser.last_name}}

x

Anel Boshoff

Married on Jan 8, 2017 in Free State

https://dvhudhc9n6pb5.cloudfront.net/modules/2/31/24/23124/21f22efb-c31b-41c5-a995-8e25863f5097-m.jpg?v=1495880700
https://dvhudhc9n6pb5.cloudfront.net/modules/2/31/24/23124/21f22efb-c31b-41c5-a995-8e25863f5097-m.jpg?v=1495880700
https://dvhudhc9n6pb5.cloudfront.net/modules/2/31/24/23124/21f22efb-c31b-41c5-a995-8e25863f5097-l.jpg?v=1495880700
https://dvhudhc9n6pb5.cloudfront.net/modules/2/31/24/23124/21f22efb-c31b-41c5-a995-8e25863f5097-l.jpg?v=1495880700

ONS LIEFDESVERHAAL

TROUDATUM: 8 Januarie 2017

Waar het ons mekaar ontmoet?
Neels vertel altyd hoe hy al jare lank tydens die desember-vakansie saam met sy ouers by die familie in Virginia gaan kuier het. Hy het as `n gevestigde roetine altyd `n draai gaan maak by die plaaslike Kersmark, wat toevallig, of dan nie,- jaarliks by my Ouma se pottebakkery plaasvind het. Daar het hy sy Kersinkopies gedoen, min te wete dat ons in 2013 daar sal ontmoet. Ann`s Potteries het meer geword as net `n pottebakkery, want op Geloftedag in 2013, het dit die plek geword waar ek my trouman ontmoet het. As verkoopsdame het ek `n aantal ware aan hom verkoop. Hy het gevra vir die aartappelpot en uiepot met die sonneblomme en “…dan ook asseblief jou nommer”. Min het ek geweet dat hierdie man ook met hierdie lysie my hart gesteel het. Maar nes `n moeder kan, het my Ma dadelik geweet dat hierdie lang, maer man my hart weggegaps het (saam met die uiepot met die sonneblomme) toe ek vreugdevol gelag het. Ons liefdesverhaal het op daardie dag begin en aangehou blom totdat Neels op 8 Julie 2015 gekniel het voor Oond nommer 6 in die pottebakkery. Daar het hy my gevra om vir ewig sy beste vriendin te wees. Ons kan mekaar al vanaf die 16de Desember 2013 tot die 3de Maart 2017. Ons ken mekaar dus al 4 jaar, 3 maande en 11 dae. Ons beoefen verskillende beroepe. Neels is `n Chemical Process Control Artisan/ Chemiese Proses beheerder en doen tans acting as Voorman by Sasol in Secunda en ek is `n 4de jaar BTh student wat Teologie studeer by die Universiteit van Pretoria.

Ons belangstellings:
Beide van ons is kunssinnig en musikaal aangeleë. Neels speel graag kitaar en ek sing. Wanneer ons by my ouma kuier word ons talente behoorlik uitgeleef, want daar doen ons mosaiek, ons verf, ons doen houtwerk en enige ander kunstige bedrywigheid waaraan ons kan dink. Beide van ons maak `n verskeidenheid produkte in ons vrye tyd wat ons verkoop vir `n ekstra inkomste. Ons is entrepreneurs in murg en been.

Ons definisie van `n gelukkige huwelik:
`n Gelukkige huwelik, is `n huwelik wat eerstens die fondasie van vriendskap het. Dit word verder gekweek deur aanvaarding, motivering en bystand deur dik en dun. Hierdie liefdesplantjie van die huwelik sal dan kan blom in `n verhouding waar die een die ander se behoeftes (fisies en emosioneel) bo hom/haarself stel. `n Gelukkige huwelik kom voort uit hierdie koestering van die liefde vir jou maat.

Ons troudag:
Ek wou baie graag rose op my troudag gehad het, omdat rose `n belangrike simboliek in my menseverhoudings is (ek pluk gedurig rosies vir my hartsmense). Die tema was `n keurspel van “vintage” en my simboliek met talle rose, protias en kant. Selfs my trourok het getuig van hierdie keurspel met allerhande kant, pêrels en juweelstukke. Die inspirasie het hoofsaaklik ontstaan vanuit die idees van die tydskrif “Bruidsgids”, maar ook van my moeder en ouma. Daar was vrugtekoekies vir elke gas, `n driegang maaltyd en ook `n lekkergoed tafel. Ons het `n verjaarsdagpartytjie bygewoon waar die voorgereg op `n tafel bedien was en jy kon self gaan kies en keur. Ons het so geïnspireerd gevoel deur hierdie “oesfees”- idée dat ons ons voorgereg en nagereg so bedien het. Dit was vir ons ongelooflik aangenaam om `n oggendtroue te hê, want die ekstra druk van honger mae en moeë kinders het nie oor ons pad gekom nie. Op die ou end van die dag kon ouers, student en kinders almal die troue geniet.
Ek was nog altyd Kabous se poppie en ek wou pop-mooi lyk op my troudag vir hom. Dus het ek besluit op die Prinses-balrok vir `n trourok met `n gekrulde half-op haarstyl verweef met `n vlegsel as kroon. My pêreljuwele het weereens my “vintage”-keurspel beklemtoon. Die gremering was natuurlik, maar my lippe was ingekleur met donkerpienk. As parfuum het ek Esteè Lauder parfuum “precious beautiful” gebruik (wat ek gewen het) wat my rein en sag laat voel het.
Ons troue se hoogtepunt:
Die week direk voor die troue het dit katte-en-honde gereën. Die hele wêreld was sopnat en siende date k getrou het op `n plaas met `n grondpad was my senuwees gedaan. Die Sondag van die troue het aangebreek en ek was verheug daardeur dat die son in al sy glorie geskyn het op Virginia. Die wolke het selfs oopgetrek net voordat ek in die kerk ingestap het om vir Kabous `n spesiale lied te sing. Dit het amper gefaal, siende dat beide van ons se vreugde op daardie oomblik oor ons wange geloop het. Skielik het ek my engelvriendinne se stemme gehoor en gevoel hoe hulle my omring. In daardie oomblik het ek `n onbeskryflike liefde ervaar wat ek nooit in der ewigheid sal kan vergeet nie.

 

Voting has closed for Bride of the Year 2017

Click here to open the 2017 competition page

Wedding Gallery