saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Gedeeltelik bewolk, maar sonnig. Nie te warm nie, en nie te koud nie. Ons perfekte dag. Waar twee siele een word voor God.

Ons het nog altyd gedroom van ‘n wit-kristal troue, totdat ons die mooiste venue in die Wes-Kaap ontdek het, Ashanti Estate. Gou het ons besef dat kleure ingebring moet word om vir ons 150 gaste ‘n warm en welkom gevoel te gee.

Tydens die beplannings fase, het ons noukeurig navorsing gedoen, om seker te maak dat al ons diensverskaffers kwaliteit gehalte werk sal lewer, presies soos ons dit wou hê. Ons het op geeindig met van die beste in die industrie.

Saterdag oggend, 24 September 2016, 05:00VM kon ek nie meer ‘n oog toe hou nie. Die opgewondenheid was te veel. Ek moes dit met iemand deel. Wie anders as my ma. Ek het op haar bed gespring, haar wakker geskud, en met ‘n harde stemtoon gesê: “Mamma, ek trou vandag met die man van my drome.”

Die dag was baie rustig. Ons gevolg was ‘n fees en het seker gemaak dat ons van niks vergeet nie. Hulle was om elke hoekie en draaikie, om reg te trek, en af te veë. Ek het gevoel soos ‘n prinses uit ‘n feë verhaal.

Klokslag 15:00NM het die skoenlappers omtrent gedraai, want toe besef ek my droom het uiteindelik ‘n werklikheid geword. Ons asem was behoorlik weggeslaan toe ons as man en vrou vir die eerste keer by die onthaal instap. Elke gas se kommentaar was dat dit ‘n sprokies troue is.

Die hoogte punt van die aand was natuurlik ons openingsdans. Iets buitengewoon en heeltemal anders. Ons, ingesluit ons gevolg, het ‘n dance-off gehad. Wat ‘n verrassing vir ons gaste. Niemand het daarvan geweet of dit verwag nie. Hiers die link : https://vimeo.com/184744326

Met baie hartseer het ons aand gou tot ‘n einde gekom, maar ons het ons koppe neergelê met ‘n geruste hart, want ons het geweet, ons trou dag was PERFEK, tot in die fynste detail. Presies soos ons daaroor gedroom het.

 

sms MH633 to 36697 to vote for MELISSA HUGO!

(sms charge: R5.00 per sms)

My Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Ashanti

Ashanti

Ashanti Estate; nestled in the picturesque Paarl valley beneath the peaks of the Klein Drakenstein mountain Range. We offer a selection of boutique style venues, cake designer...

Jade Customised Events

Jade Customised Events

Whether you require wedding planning and coordination, Overall décor styling OR a combination of both, we at Jade' Customised events customise your overall wedding planning an...

wedding planner

Martinus van Tee Illustration

Martinus van Tee Illustration

These caricatures are wonderful personal mementos of your special day, but above all they provide a fun factor as friends and family gather round to laugh uproariously as the s...