saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Married on Aug 6, 2016 in Western Cape

http://images.saweddings.co.za/modules/2/06/42/20642/4a0d5ca7-ab58-4170-991b-f93c92dff60a-m.jpg?v=1481642940
http://images.saweddings.co.za/modules/2/06/42/20642/4a0d5ca7-ab58-4170-991b-f93c92dff60a-m.jpg?v=1481642940
http://images.saweddings.co.za/modules/2/06/42/20642/4a0d5ca7-ab58-4170-991b-f93c92dff60a-l.jpg?v=1481642940
http://images.saweddings.co.za/modules/2/06/42/20642/4a0d5ca7-ab58-4170-991b-f93c92dff60a-l.jpg?v=1481642940

"I didn't fall in love with you. I walked into love with you, with my eyes wide open, choosing to take every step along the way. I do believe in fate and destiny, but I also believe we are only fated to do the things that we'd choose anyway. And I'd choose you; in a hundred lifetimes, in a hundred worlds, in any version of reality, I'd find you and I'd choose you." - Kiersten White, The Chaos of Stars

Ons verhouding was nooit een met tierlantyntjies nie en so ook nie ons troudag nie. Ons wou ons spesiale dag hê presies soos ons verhouding met mekaar, ons vriende en ons ouers is; propvol vreugde, vrede en vriendelikheid. Van die ligging, die dekor (te danke aan my ma en skoonsuster), die agtergrond musiek, my rok, my blomme, tot die gees van al die gaste wat die dag saam met ons gevier het, het perfek by ons visie ingepas. Dit was rustig en eenvoudig, maar pragtig en vol lag!

Ons het besluit om ons beloftes aan mekaar na die diens te maak, met net die fotograaf as getuie. Dit was vir my so 'n spesiale oomblik en definitief my gunsteling herinnering van dié dag; ek en hy, alleen in hierdie pragtige landskap, die begin van die res van ons lewens saam, 'n belofte aan my gunsteling mens, wat my gekies het om sy lewe mee te deel. Dit was persoonlik, vol emosie, uit die hart uit en absoluut perfek!

Ons grootste wens vir ons troudag was dat almal die dag net so baie soos ons sal geniet en te danke aan verskeie bydraende faktore het ons definitief daarin geslaag. Net soos wat ek my man oor-en-oor sal kies, sal ek hierdie dag presies so wou hê as ons alles oor sou kon doen.

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Groenrivier Function Centre

Groenrivier Function Centre

A wonderful country venue set in the heart of one of Cape's most beautiful valleys.