saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Maritza de Klerk

Married on Apr 16, 2016

Ek het nie ‘n trou beplanner gehad nie en die maklikste manier om deel te wees van die beplanning is om dit als self te reel en doen. Omrede ek met ‘n karoo boer trou en nog altyd ‘n passie gehad het vir boerdery, het ek vir ‘n windpomp-plaas tema gegaan en ons het OPPIE PLAAS VENUE in Waboomskraal (buite George) gekies as ons venue. My blomme en ruikers was proteas en veld blomme wat ek en my strooimeisies self gaan pluk het wat dit soveel meer spesiaal gemaak het en ook baie koste effektief. My ma het my troukoek self gebak en versier, wat uit 3 wittebrood tassies bestaan het met ‘n VW kombi bo-op, met die bruid & bruidegom wat by die VW venster uithang... en natuurlik ons Jack Russel daarby. Ons geskenkies aan die gaste was ook tuisgemaakte windpomp kondensmelk koekies en die tafelplasing het ek en my pa op ‘n unieke hout windpomp raam gemaak. Ek het baie tydskrifte deurgewerk en ek het ure op die internet spandeer, maar het alle idees op die ou einde self uitgedink. Ons het 100 gaste gehad en die hoogtepunt vir hulle was natuurlike die boerekos en lekker dans musiek.

Ek het gegaan vir ‘n skouerlose wit rok, met ‘n hartjie bors. Ek het ‘n klein middle lyf en wou dit daarom meer beklemtoon met ‘n fyn maar duidelike afwerking van kralletjies. Die rok het agter met ‘n zip toegemaak, maar dit was met knopies afgewerk, sodat die zip nie wys nie. My onderste romp gedeelte het ‘n baie unike blom kant material gehad met geborduurde blomme hier en daar. Ek het ‘n effense sleep verkies, maar dit was kort genoeg dat dit nie nodig was om op te vat wanneer ek gedans het nie. Saam met die rok het ek wit kant “vintage peep-toes” skoene gedra. Ek het min juwele gedra sodat die krale op my rok beklemtoon kan word. My hare was sagte krulle gegee, sodat dit steeds natuurlik en nie te styf lyk. My ma het my veil gemaak wat vir my baie spesiaal was, sodat sy ook by my moes wees wanneer ek saam met my pa by die padjie moes afstap.

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Oppie Plaas Venue

Oppie Plaas Venue

Situated conveniently in Waboomskraal in the Garden Route, Oppieplaas is a serene venue only 20 minutes from George, and 35 minutes from Oudtshoorn.

venuevenue

Wilna Allpass

Wilna Allpass

I am a qualified makeup artist based in George, Western Cape and I also do wedding hair styling for brides. I do location work in the the Garden Route area (Knysna, George...