saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Dec 9, 2016 in Western Cape

Mense vra mos altyd hoe en waar het julle ontmoet? Wel ons antwoord op daai vraag is vir ons altyd half bietjie iets van ongemak maar in n grapperige manier, omdat dit so amper nie kon gebeur het nie. Kom ons sê maar gemeentskaplike vriende. Ons was genooi vir n braai by Renier se huis en toe is ek maar saam. Min wetende het God n plan gehad met ons daardie aand.

Dat die liefde ons onverwags bekruip het. Ek het nooit verwag dat ek so kan voel nie. Dis ’n gevoel van Ons behoort saam. Liefhê dat dit seermaak wanneer ek nie by jou is nie, my laat huil van bly wees en my laat glimlag.

Die tye van na die ontmoeting is onmoontlik om in woorde om te sit. Vinnig het ‘n hegte vriendskap gevorm en elke dag gesels was ‘n móet. Ek het eers nie belang gestel nie, maar na n naweek weg saam, het dinge verander. Renier het n hart van goud, sy blou oë het my hart laat smelt. Hy het soveel eienskappe wat my aanvul. Sy sprankelende persoonlikheid maak dit moeilik vir iemand om nie van hom te hou nie. Hy is voorwaarlik my steenpilaar. Iemand waarvoor ek my hele lewe gebid het en God het op sy tyd aan my voorsien. Renier het moed bymekaar geskraap en begin beplan aan n manier om Michelle uit te vra. Na die beplanning was die eindresultaat n wenner! My eerste Kerel ….

Die maande het gou begin verby gaan en die kosbare herinneringe het meer geword. Herinneringe was ons vir niks sal verruil nie. Ons leef elke dag om meer en meer te kan groei as n paartjie en om mekaar met alles lief te hê.

Op 8 Augustus 2015 het hy die ja woord gevra en nie waar nie in die lug. Hy skelm skelm vir ons n helikopter rit gereel en waar hy nogals by broer Ook ingespan het met reelings, met die landing sê Renier net wat is daai, en soos ek voor uit kyk by venster is n groot banier, ‘’WILL YOU MARRY ME’’, kort van asem, ekstase wat my oorrompel en alles wat net te vining beweeg vergeet ek om ja te sê en die pilot vra toe maar namens Renier wat is jou antwoord . . . . Natuurlik het ek JA gesê . .

En so begin die groot beplanning vir die troudag. Baie koppe Gestamp maar sal daardie tydperk vir niks verruil nie.

Ons het besluit om al ons dekor self te doen. Niemand anders as ons weet wat ons vir daardie dag wou hê nie.

Ons wou ‘n bruilofsfees hou nie net ‘n troue nie.. Ons gaste was net so opgewonde soos ons en kon nie wag om in ons droom te deel nie. Op 10 Desember 2016 was die groot dag hier. Die aandag wat aan detail gegee is en die verrassings wat telkens op ons gaste gewag het, het almal nou nog aan die praat.
Die afwagting was groot. Die diens was soveel pret en daar was soveel kosbare oomblikke gewees.
Roosblare as konfetti was gestrooi om ons die mooiste toe te wens. Na die diens het ons gaste basaar gehou onder bome, terwyl ek en Renier foto’s gaan neem het. Hul het yskoue verversings geniet wat saam met die heerlikste eetgoed bedien is. Ons hoor dit was ‘n fees! Die onthaalsaal was ‘n koel hemel wat die gaste se asems weg geslaan het. Daai rustic gevoel en look presies wat ons wou hê.
Elke gas het nog ‘n geskenkie ontvang, vir die mans was n warm maak witblits botteltjie en die vrouens n pragtig pot plantjie en mooiste hout oorbelletjies. Elke tafel het ook n weg gooi kamera gehad sodat ons die bruilofsfees uit hulle oogpunt ook kan geniet.

Na alles formaliteite afgehandel was kon ons bruilofsfees nou volstoom begin. Net 3 toesprake is gehou. Dit was om dankie te sê vir ons ouers, ons verskaffers, vir mekaar en elke gas persoonlik te bedank vir die liefde wat ons ontvang het.

Ons seremoniemeester het ons aand baie spesiaal gemaak met sy stories en die gaste het gelag en dikwels trane afgevee. Die liefde in die vertrek was tasbaar. Die spyseniering was ongelooflik! Die sketch artist was ‘n wenner en die gaste moes wegsleep word om by die tydlyn te hou. Die kousband en blomme is gegooi. As laaste geskenkie kon elke gas n sakkie sweets saam vat om daai soet tand vir die bed net te blis, iets wat ek en Renier lief is voor. Die aand was net te gou verby.

As ek ons troue kan opsom in een woord sou dit sonder twyfel die woord “onvergeetlik” gewees het.

Renier dankie dat jy my gekies het.

Daar is nog baie wat jy van my gaan ontdek, soos dat ek my kan inleef in ’n fliek en vreeslik kan snik! Dat ek soos ’n klein kindjie uit my maag kan skaterlag! Ek huil wanneer ek kwaad word.

Die belangrikste wat jy nodig het om van my te weet, is dat ek dankbaar is dat jy deel is van my. Ek sal elke oomblik saam met jou koester en nie as vanselfsprekend aanvaar nie.

Ons albei weet hoe kosbaar tyd is.

Ek is lief vir jou.

 

Voting has closed for the 2016 competition!

Click here to view the current competition

Wrensch Lombard Photography - Photography

Bridal Hair & Make up - Mooi getooi - Joanie Dorfling

Bridesmaids Hair - Cutting Edge Hair by Marianne

Simondiums Country Lodge - Venue

25 Weddings - Videography

Wedding Cake - Tihmly Cakes

To-netts, Jack and Jill and Rustic Ribbons - Decor

My Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Flowerheart

Flowerheart

Flowers are a vital part of any wedding. It adds life, fragrance and colour to a ceremony. Be it overwhelming, stylish, and elegant or fairytale. I am committed to good quality...

To-Nett’s

To-Nett’s

‘Live your dream wedding with To-Nett’s’ For more 25 years our inspiration has been our clients To-Nett’s - The place where creative ideas, outstanding service, a l...