saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

CORNELIA DELPORT (BOTES)

Married on Sep 26, 2015

Ons troue was regtig sprokies-mooi…(spierwit en room)

Vintage met baie pêrels, kristalletjies, wit net en kant maar met die inspirasie van ‘n ‘English Country Garden’. Oral tussen die tafels was daar fontyne met water wat gevloei het, engeltjies met musiekinstrumente op die tafels (as décor),voëltjies op die sjampanjeglase vir naamplasings en al my gunstellingblomme(orgidee, angeliere, lelies, roses, gyp ens.

Ja…ALLE EER EN LOF aan ons HEMELSE VADER!!!..SY GENADE…SEEN en VOORSIENING is GROOT!!
Dis hoe ons, ons trou dag ervaar het!! HOE GROOT ONS GOD IS!!

Daar was baie geestelike elemente en voorstelle teenwoordig...borrelende fontyne...(glas bubbeltjies wat ook gedryf het...wat borrels voorstel)wat...ook strome van lewende water voorstel wat deur jou/ons sal vloei...Alles so wit as moontlik...wit (blomme) is ‘n simbool van onberespelik skoon ..skoonheid...reinheid..van jou hart en jou lewenswee en wandel...
Die ‘net’ op die stoele..sagtheid en hemels..wolke , stoelstrik self by elke stoel..elke gas...engele..wat waak....met diamant gespe afgerond..omdat ons vir God meer werd is as edelstene...ons IS SY SKATTE van die AARDE & daarom sal HY oor ons waak & ons beskerm..omdat HY LIEF is vir ons!!...
Ook met die afwit frille wat hang tussen in...(stel voor...al het ons foute...ons is nie volmaak nie..onsself moet daaraan werk om Heilig te kan lewe...)
Klippe...by die voete van die pilaar en binne waterbak van fonteine as rotse...bou op vaste GROND/ROTS jou fondasie...wees en staan sterk soos ‘n rots teen negatiewe dinge in die lewe..op jou pad, dan sal jy by SY TROON sit (bruidstafel),,,SYS koningkryk beerwe ..beloon word...jy sal in die HEMEL by HOM wees!

Die spieels...eendag sal ons als weet..Die lantern in die kerk met brandende kers daarin in ons lampies gereed vir wanneer God kom??... & ook...GOD is OOK ONS LIG!...

Die kerkruiker...groot/ masief (dit stel die liggaam van God voor,dit toring uit na bowe & strewe na GOD...

Of jy fyn,,, sag & broos is soos ‘n Delphinium wat ook uittoring bo almal...of ‘n daisy (krisant) effe gehard van geaardheid...wat tussen lewe..of ‘n lelie..sterk en groot...maar tog sag (sterker in Christus)...of/en gypskruid...Baie verfynde blom en...nederige kind van GOD...ons almal vorm een GROOT LIGGAAM vir GOD... en effe groen in die ruiker..daar sal altyd geestelike groei wees!!in kinders van GOD! Die gebruik van die nagmaal in die kerk (Bruid enBruidegom).. Ons almal weet dat die brood die liggaam van Christus voorstel en die druiwesap SY bloed... neem dit in...

Voor die kerk se groot deure..die esel met die woorde...ONS LEWENSREIS BEGIN HIER SAAM...gaan na die huis van GOD en jou lewensreis sal geseend wees..gaan heen...leer en ondersoek meer...word wys,,,word gevul met die word van GOD...

Daar was ook wit konfettie ...ons wou net die duiwe as konfettie gebruik het maar die gaste het toe die wit vere wat voor my (die bruid) gestrooi was deur die blommemeisies gebruik as konfettie!

Buite die kerk wag toe die verrasing!! Die wit duiwe (Die Heilige Gees het neergedaal in die vorm van ‘n wit duif) wanneer ons gehoorsaam is en luister na die stem van die heilige Gees in ons ...SAL die Heilige Gees vir ons ‘n pad oop maak Hemel toe na die FADER!...

Die loslaat van die duiwe was ‘n onbeskryflike belewenis...ek kan dit net nie in woorde oorvertel nie!!veral as mens verstaan waaroor dit gegaan het...AWESOME!!! Ek weet nie hoe om dit te beskrywe nie.. dit het gelyk of hulle die pad is..die pad oop gemaak het toe hulle so vlieg op na bo na die Hemel toe! Hulle het behoorlik ‘n pad oop, op gevlieg (as jy nou jouself kan voorstel..dat die duiwe die Heilige Gees voorgestel het...wat ‘n geseende oomblik!!) Dink nou net as jy die belewenis gemis het dit sou wees soos om in werlikheid die Heilige Gees se teenwoordigheid te mis...’n oomblik VOL emosies!!

Toe volg die perd (die troukar) waarop die bruid deur die bruidegom in gelei was na waar die gaste gewag het vir die koeksnyseremonie.... as jy nie daar was nie en die oomblik gemis het toe die bruid op die perd na binne nader gelei word..soos die skrifgedeelte ....is jy gereed as die bruidegom kom?...ook (Hy sal op ‘n perd kom..ens..)dit was ook net so AWESOME!...

By die koek...was die woorde die liefde is soet...dis waar...wanneer jy inneem deel en gee..het jy liefde in jou hart en kan jy dit met ander deel en ook ontvang...

In die portaal van die onthaalsaal was daar twee kante, aan die een kant was pa se Groot gesins bybel (Die Woord Van God) ‘in die begin was die woord en die woord was GOD’... ‘n Kierie (die woord van GOD is waarop ons steun) en ma se ou trou skoene ook van kant en pêreltjies (so moet ons lewenswandel wees [nedering en rein])...

Die verwelkomingsbord met ons name en ons trou datum (laat mens net wonder hoe ons eendag verwelkom sal word in die Koningkryk...

On tema: The Secret Garden
Die gevoel wat ons graag wou gehad het dit moet skep... almal teenwoordig moes ‘n Hemelse gevoel gekry het...
Die pêreltjies wat hang...stringe pêrels op die tafels, servetringe en glasringe van pêrels (ons is meer werd as edelgesteentes, ons is kosbaarder as pêrels vir God!)

Gehekelde lappies op onderborde... ons is fyn geweef na SY beeld) ons moet net so probeer lewe en altyd dink voor ons iets inneem...HOE SOU ONS HEMELSE FADER dit hanteer het?? Dat ons ‘n voorbeeld soos die servet en glasringe vir ander kan wees...en is jy gereed om dan soos die fyn gewerfde lappie te wag op jou geestelik voedstel wat jy sal inneem...of HOE jy dit inneem?... tog sal Ons PAPPA FADER vir die kleinste wurmpie en voëltjie voed..in die Hemel ..hoeveel nie te meer ook vir ons nie?! Is ons nie meer werd nie?....

Weer in die ruikers (orgidees wat afhang met ‘n vlek van donker pienkerigheid...dit stel Jesus se bloed voor) wat ons oor bid en vra en pleit vir ons reininging, beskerming en Vader se alomteenwoordigheid. HY het vir ons bloed gestort deur die kruis...so ook stel hierdie orgidee met die afhang van benede voor ... God het ons sooo lief gehad dat HY SY enigste gebore seun gestuur het sodat ons die ewige lewe kan hê en dit! In OORVLOED!!
HY het gesterf vir ons sondes om ons te red...en as ons nie reg streef om te lewe soos kinders van GOD nie..sal ons nakend en skaam voor GOD staan soos die fontynpoppe..Almal sal ons raaksien & aanskou...

Die gaste se geskenkies..(oopmakers vir die mans en ‘mini’-koekspaantjies vir die vroue met ons name en troudatum op gegrafeer)..
Dit was goeie geskenkies, vir alby geslagte bruikbaar...wanneer ons reg lewe en wandel sal ons loon groot en verseker mooi wees wat ons ontvang by GOD die Fader...

Daar was ook blokkasies...oral..met verskeie goedjies..Tot met die blomme was daar elemente wat die proses om vinning klaar te kry..vertraag het...nie eenkeer het die bloemiste (my moeder) woede ervaar nie...sy het net geweet...als sal reg en klaar wees...PAPPA VADER SAL VOORSIEN EN HELP!!En HY het ook!!niks wat wou verkeerd loop kon nie..want alles was hoe dit moes wees!...tenspyte van vele dingetjies...

As ons nou na al die foto’s kyk in die bo-genoemde opsig sien mens eintlik die kosbaarheid van ons spesiale dag werklik raak!
Ons troue in opgedra aan Jesus Christus.

Alle eer lof en danksegging aan ONS FADER SEUN EN HEILIGE GEES...AMEN!!!

Seyfferdt Photography: Photo's and Video
Marisca Haasbroek: Make-up and Hair

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Destiny Lodge Cullinan

Destiny Lodge Cullinan

DESTINY – WHERE YOUR WEDDING DREAMS BECOME A REALITY