saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Eloise Liebenberg (Myburgh)

Married on Apr 4, 2015

Hulle sê as dit reën op jou trou gaan jyn geseënde troue wees, in daardie geval is ons baie geseënd.

So graag soos wat enige bruid haar troue tot op die "T" wil beplan, kan sy maar net nie die weer beheer nie. Ons dag het begin met, n koue wolkie en geeindig met pragtige Klein Karoo storm, maar gelukkig het die Hemelse Vader die son deur sy ventsters laat skyn vir n half uur sodat Pastoor Koos van der Merwe ons kon trou.

En dit was n broekskeur half uur gewees, met n paar blou koue wange, hoendervlies en die seldsame sambreel of twee wat oopgaan, maar dit het beslis nie gekeer dat ons ongelooflike vriende en familie ons dag saam met ons ten volle geniet nie.

Die res van die aand het soos n sprokiesverhaal verloop en wat meer kan n bruid voor vra na dat sy haar man vir 8maande moes afstaan aan die buiteland om die dag moontlik te kon maak.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Oppie Plaas Venue

Oppie Plaas Venue

Situated conveniently in Waboomskraal in the Garden Route, Oppieplaas is a serene venue only 20 minutes from George, and 35 minutes from Oudtshoorn.