saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Natasha Lessing (Potgieter)

Married on Mar 28, 2015 in Western Cape

Wanneer jy weet dat jy die liefde van jou lewe ontmoet het, stuit niks jou om die verhouding te laat werk nie. Ek het binne ? paar maande geweet dat Tiaan die man is saam met wie ek die res van my lewe wou spandeer.

Tiaan het hierdie skaam, beleefd en vrolike geaardheid gehad wat my betower het.

Ons smaak is baie dieselfde en ons het geweet wat ons wou hê. Daar was kere wat van die besluite baie moeilik was om te maak, maar omdat ons dit saam gedoen het, kon ek en Tiaan dit baie vinnig uitsorteer. Ons het mekaar ondersteun en ek glo dat dit die troureëlings so maklik gemaak het. Die families en vriende was ook ongelooflik gewees en het ons bygestaan met raad as ons dit nodig gehad het.

Die kleurskema van ons troue was blou (omdat ons albei van blou hou), wit en goud. Dit het mooi by die venue gepas en omdat dit ? bruilofsfees genoem word, wou ons ? fees gehad het. Dit was vir ons baie belangrik dat almal heerlik saam met ons kuier.

Ek en Tiaan wou mekaar graag voor die seremonie sien, want ek het geweet ek gaan so vol emosies wees dat ek nie die trane sal kan keer nie. Dit was vir ons belangrik om, op ons eie, net die oomblik en die dag te kan inneem en waardeer. Ons het geweet dat ons, na die seremonie, in soveel rigtings getrek sou word met almal wat ons wil geluk wens en met al die ander reëlings vir die dag. Dit was die beste besluit, want toe hy omdraai en my sien, kon ek die trane nie keer nie.

Dit was so ’n mooi, rou oomblik, vol emosies.

Die kyk op sy gesig en hoe ek gevoel het in daardie oomblik, sal ek vir altyd saam met my dra. Ons het mekaar ? drukkie gegee en dit het gevoel asof dit net ons in die wêreld is en dat dit al is wat saak maak.

Dit was die beste dag van my lewe wat ek in `n hartklop weer sal doen!!

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Groenrivier Function Centre

Groenrivier Function Centre

A wonderful country venue set in the heart of one of Cape's most beautiful valleys.