saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Lee-Ann Cronje

Married on Oct 17, 2015

Waar drome waar word van 'n ontwerpers rok deur Casper Bosman, familie en vriende wat emosies deel, harte vol seëninge wat vir ons toe gewens word, dit alles is so onbeskyflik woorde gee mens nie die totale ervaring wat jy ervaar nie.
Hoe kan mens werklik beskryf wat 'n bruid en buidegom ervaar. Emosies loop hoog, harte loop oor van blydskap trane en glimlagte om elke hoek en draai.

Klein dogtertjie drome word oortref. God voeg ons saam vandag waar ons almal in die kapel uit staar na die Vrystaat se vlaktes, en nog een van Sy wonderwerke kan beleef word.
Ons legkaart word vandag geseël, met woorde van geloof, hoop en liefde, waar God ons raam en in sy Hemel huis opsit.

Elke bruid het haar bekommernisse, ek wou net graag ? pragtige tuin gehad het, dit klink seker onverwags, maar my gaste moet sien hoekom ons die Vrystaat gekies het.
Die tuin by Lavender Hill Country Estate kan soveel liefdes verhale vertel, die vlaktes vertel dat mens se liefde vir merkaar geen einde het nie.

Ek stap af na die kerk toe deur die liefdes tuin gevul met blomme wat straal van kleur waar ek my pa ontmoet, met oë vol trane ontvang hy my. Na die diens het ons gaste 'n heerlike kaas en bykomsitghede tafel geniet, terwyl ons herinneringe vasvang op fotos. George town 'n musiek groep van Pretoria het vir ons lekker gesellige bluegrass, country blues musiek gemaak.
Trane het gevloei toe ek vir my ouma en pa kon beskryf hoe baie hulle vir my beteken en my man vir sy ouers.
Met elke woord hou ek vas aan ons trou dag 17 Oktober 2015 wat ons sal koester vir die res van ons lewens saam.

 

Voting has closed for the 2015 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Lavender Hill

Lavender Hill

Experience peace and tranquility in this exquisite, little peace of heaven. 25 Hectares of perfect nature, filled with roses, lavenders, perfectly landscaped gardens, water fea...