saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Zinia Meintjes (van der Linde)

Married on Dec 17, 2013

Sowat twee jaar gelede het my en Rickus se lewens pad gekruis toe ons vir die eerste keer ontmoet het op Kaapstad-lughawe na oneindige lang boodskappe op facebook en lang skype sessies ondanks die feit dat ons beide 5 jaar saam studente was aan die Universiteit van Potchefstroom, in die selfde vriende kringe beweeg het en tog het ons paaie nooit gekruis nie.
Op 17 Desember 2013 het ons spesiale dag aangebreek, en kon ons in die beeldskone wynlande van die Paarl te Kronenburg, ons ewige trou aan mekaar beloof. Dit was ‘n dag wat al ons verwagtinge oortref het en al ons drome saam was verwesenlik. Met al die harde werk en maande se beplanning kon ons daardie dag werklik trots wees op dit wat ons saam bereik het.
Ons tema was “klassieke vintage” en die blomme was ‘n kombinasie van rome, ligte koraal rose en kliprosies om dit mee af te rond. Ons room ringkussintjie, knielkussings, gasteboek en my kousband was alles self gemaak met satyn en kant rose. Ons geskenktafel het verskillende elemente van “vintage” bevat, van ‘n outydse kamera tot hoede dose met jip in. Ons het ook ‘n groot kruis by die seremonie gehad om uit te beeld dat ons huwelik ‘n verbond is wat by die voete van die kruis gesluit is.
Die hoogtepunte was: Toe ek ‘n liedjie vir Rickus gesing het waarin ek my beloftes aan hom geopenbaar het. Die voorreg wat ons gehad het om vir die eerste keer saam as man en vrou die nagmaal te gebruik en die ongelooflike boodskap by die seremonie. Ons eerste dans op die liedjie van Keith Urban “somebody like you” en natuurlik die driegang maaltyd wat ingesluit ‘n seekoskelkie vir voorgereg, lamskenkel en groente vir hoofgereg en die drie mini nageregte (wortelkoek, Creme Brulee en Pavlova) vir elk van ons gaste. Die fotosessie in die bootjie op die dam wat ‘n simbool is van ons lewensreis saam.
‘n Totaal van 80 naaste vriende en familie was getuies waar ons, ons beloftes aan mekaar voor die Here gemaak het. Ons fotos is geneem by die venue asook by naby geleë wingerde.
Ons troudag was so geseënd en meer as spesiaal iets wat woorde nie kan beskryf nie, ek is dankbaar vir die man wat die Here vir my gegee het. Mag ons toekoms saam net so geseënd wees.

 

Voting has closed for the 2013 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Kronenburg

Kronenburg

With majestic mountain views and beautiful sunsets, it is ideal for a day never to be forgotten.