saweddings.co.za
saweddings.co.za
×
saweddings.co.za

Melissa Koekemoer (Beyleveld)

Married on Nov 16, 2013

Ons troudag was loshande die beste dag van ons lewe. Ek sit nogsteeds soms en dagdroom daaroor en ek is seker dit sal nog so wees vir 'n leeftyd. Ek het op hierdie dag besef wat genade regtig beteken. Nie net trou ek met 'n Godvresende man nie, maar op hierdie besef ek net weer hoeveel mense God op my pad gestuur het vir wie ek so ongelooflik lief is!! Ek weet as ek eendag ons babatjie vashou sal ek regtig besef wat genade is, maar vir nou is ek nogsteeds so amazed! Die goedjies wat die dag so spesiaal gemaak het was die klein onbeplande goedjies. Die armband wat my ma vir my aangesit het en vir my se "my kind jy is die mooiste mooi wat mamma nog ooit gesien het", die veil wat my pa buite die kerk reggetrek het, wat ek nou eers op fotos sien en die geklap van helium ballonne in n doringboom. Elke detail het ek beplan, maar op die dag het dit glad nie saak gemaak nie, die man wat God vir my gekies het het opgedaag om my as sy vrou te aanvaar. Die een ding wat my steeds laat huil as ek daaraan dink is die recording wat ek gemaak het. Die dag het so vinnig verby gegaan en alhoewel ek nie elke oomblik kon inneem nie het ek so baie vrede in my hart oor die dag want ek weet dit was 'n celebration van 2 mense se liefde vir mekaar wat net God tussen mense kan sit. Soos wat ek my man belowe het in my recording sal ek steef na Agape liefde vir die res van ons lewe. Alhoewel die dag great was weet ek ons huwelik gaan nog beter wees!

 

Voting has closed for the 2013 competition!

Click here to view the current competition

Wedding Gallery

 

Wedding Services Used

 
Isiphiwo Wedding Venue

Isiphiwo Wedding Venue

Grace, sophisticated style and classic elegance are just a few words that describe Isiphiwo Wedding Venue, Hotel & Spa.